Weg! Namibië

magazine 2020 · Weg! Namibië

cover image of Weg! Namibië

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Ons gewilde jaarlikse Namibië-gids bevat 132 bladsye vol klassieke bestemmings, ons 20 top-kampplekke, meer as 240 blyplekke met GPS-punte en kaarte, die beste doendinge, perfekte dagplanne, grensposinligting en nog meer!

Gaan kuier by die bure

Weg Namibie

BY DIE GRENS

Water en woestyn • Dis sowat 2 000 km se ry teerpadlangs van Noordoewer tot by die Zambesirivier. Kom ry saam deur Namibië, ’n land van water en woestyn, maar bowenal méns-mense.

DIE SUIDE • Dalk was jy nog nooit in Namibië nie, of dalk het jy net ’n week se verlof? Mik vir die suide van die land. Van die Vis tot die kus – en sorg dat dié 5 dinge op jou toerlysie is.

SUIDE KAART

Doen dié 5 dinge

Vier tannies toer! • Dis skoolvakansie en selfsorgblyplekke in Suid-Namibië is byna volbespreek. Dan kamp ons, besluit Hilldidge Beer en drie vriendinne, almal ouer as 60.

BLYPLEK SUIDE

DIE MIDDEL • Van akkedissies soek tot bo-op granietkoppe klouter… Ry reguit binneland toe en verken die middel se hoogtepunte op ’n draai van Windhoek tot by die kus.

MIDDEL KAART

Doen dié 8 klassieke dinge

Kom doedoe op Omaruru • In ’n ander land sou Omaruru bloot ’n rustige plattelandse dorpie gewees het, maar in die groot en wye Namibië voel dit soos ’n metropool.

Skedelkus toe in ’n sedan! • Het jy geweet ’n mens kan ongeveer 160 km van die Skedelkusnasionale park in ’n gewone motor verken? Ja, van die Ugabrivier tot by Terracebaai. Op pad sien jy skeepswrakke, robkolonies, pienk swembaddens en dalk selfs ’n woestynleeu of twee.

Kom smul op Swakop • Swakopmund het g’n tekort aan doendinge vir adrenalienverslaafdes nie – quadfietsry, sandplankry, valskermspring… Maar wat van diegene wat dit wil rustig vat op vakansie? Hier’s ons top-7 doendinge vir smulpape en kultuurvrate.

BLYPLEK MIDDEL

Kalahari Anib Camping2Go, Mariental

Laat jou spore in die Namib

DIE NOORDE • In die noorde kan ’n mens Namibië se woestyn en waterweë ervaar, én sien hoe leeus, olifante, sebras, volstruise en renosters saamkuier op ’n soutpan.

NOORDE: KAART

Doen dié 10 dinge

SLAAP ANDERKANT DIE DRAAD • Die ruskampe in die Etosha-nasionale park bars vakansietye uit hulle nate en blyplek is peperduur. Oorweeg hierdie bekostigbare kampplekke ’n leeuspoeg van die ingangshek af.

Om langs ’n rivier te bly • Die noordooste van Namibië is bekend vir sy drie groot riviere – die Kavango, Kwando en Zambesi. Ontmoet van die mense wat hier woon en werk – en jou vakansie plesierig maak

Die woestyn is haar woning • Terwyl jy in die verkeer vassit of kinders aflaai by die skool, sit ’n vrou doer in die noorde van Namibië alleen op ’n duin en hou jong bruinhiënas dop. Ontmoet Emsie Verwey, kampvegter vir die Skedelkus se bruinhiënas.

BLYPLEK DIE NOORDE

Hais Ra-kampplek, Khorixas

’n Pan vol pienk!

Weg! Namibië