n Venster vir die son

ebook Waar liefde en lig woon

By Helena Hugo

cover image of n Venster vir die son

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Na die groot sukses van Dit gebeur met ander, Die pad na Weerbegin en Die kleur van verlange is daar nou 'n splinternuwe boek uit Helena Hugo se pen.

Die aantreklike dr Tobie Barnard is leraar by 'n vooruitstrewende gemeente. Hy is 'n stil, sterk man met aansien in die gemeenskap. Sy vrou, Lucille, gee by die universiteit klas in rekeningkunde en finansiƫle bestuur. Sy is baie bewus van wat mense van haar dink, maar probeer op haar manier 'n goeie predikantsvrou wees.

Tobie en Lucille se verhouding is reeds nie wat dit moet wees nie wanneer Tobie se ma, Herta, een aand uit die bloute by hulle opdaag. Herta is boheems en eksentriek en sy en Lucille het nog nooit vreeslik goed oor die weg gekom nie. Nou moet hulle in een huis bly!

Herta is uiters begaan oor natuurbewaring en dit irriteer Lucille geweldig. Boonop is die kinders dol oor hul ouma. Die situasie tussen skoonma en -dogter veroorsaak wrywing tussen Lucille en Tobie. Om alles te kroon smee Herta 'n hegte vriendskap met een van Tobie se gemeentelede, Vita, wat ongelukkig getroud is en op soek is na 'n man wat op dieselfde geestelike vlak is as sy.

'n Venster vir die son is 'n verhaal oor verhoudinge – nie net tussen man en vrou of ma en kind nie, maar ook tussen God en sy skepping. Die karakters in 'n Venster vir die son sal diep onder lesers se vel inkruip en hulle nog lank bybly.

n Venster vir die son