SARIE KOS

magazine Jan/Mar 2021 · SARIE KOS

cover image of SARIE KOS

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

’N NUWE BEGIN

Sarie Kos

OP EN WAKKER SELTOS

ONS HOU VAN

ONS TOP-12 • Skep die gevoel van koel seelug in jou huis deur jou tafel in skakerings van blou te dek hierdie somer. Hier is ’n paar van ons gunsteling-items nou beskikbaar op winkelrakke

Yskoue bier • As die dae warm word, drink ons ’n bier. Probeer een van dié vars smake

Dier-baar

KOM ONS KAMP • Suid-Afrika is vol mooi en onbekende plekke. Ons het besluit dis tyd om die kar te pak, te gaan kamp en ons land te verken. En hou jy nie van kamp nie, bly die kos reg vir enige plek waar jy ’n vuur kan aansteek

LEKKER KAMPPLEKKE • Ons het gaan aanklop by travelstart.co.za vir hul lys van beste plekke in SA om te kamp

10 BESTE KAMPWENKE • Ons het gaan kers opsteek by lekkeslaap.co.za om te hoor wat hul beste kampwenke is. Deel ook joune met ons op SARIE se sosialemediaplatforms

Die jaar van die JAFFEL • Net soos met roosterkoek, braaibroodjies en vetkoek het ons ’n emosionele band met die boepensbroodjie wat verder strek as blote kos-patriotisme. Die jaffel het die toets van tyd deurstaan, en ja, dit is deesdae selfs hip

Haar sout werd • Johannita Eksteen is ’n passievolle sakevrou en die baasbrein agter Funky Ouma. Dié besigheid wat sy en haar ma, ’n ‘funky ouma’, saam begin het, se produkte is ’n gesonder alternatief vir elke dag se sout en speserye. Ons gesels met haar

E-pos UIT SYDNEY, AUSTRALIË • Nur Heitz is in 2001 Australië toe. As Kaapse Maleier en Moslem was die aanpassing aanvanklik moeilik, maar stelselmatig het sy deur kos vriende gemaak en haar voete gevind

Maloor LAM • Wat skree bederf jouself meer as lam. Daar is soveel geur in die verskeie snitte, en ja, daar is meer aan lam as die boud. Ons het 8 snitte gekies wat ons reken in 2021 jou kombuis gaan oorrompel

BESSIES soetste blou • Bloubessies, die swartblou juweel wat die laaste jare op almal se lippe is. Vars, bevrore of selfs gedroog is hulle heerlik in soet tot sout geregte. Kom sit aan en proe die seisoen

3 plathoenders • Maak jou maaltydbeplanning in 2021 makliker met eenvoudige maar geurige hoendergeregte. As jy eers die tegniek van spatchcock bemeester het, gaan jy gereeld jou hoender so wil maak. Dit bespaar gaarmaaktyd en met ’n paar slim wenke laat jy jou hoender proe soos dié van ’n meestersjef

SO GAAN ONS IN 2021 EET • Hoe gaan ons kombuise vanjaar lyk, wat gaan ons eet en hoe gaan dinge smaak? Ons kyk na die koskaarte en waag voorspellings oor 8 kostendense wat ons dink jy kan verwag

Ons lys van bestanddele wat in 2021 gaan skitter

PROE DIE pasta • As die tyd min is en die mae honger, weet jy dis pasta-aand. Reg om die wêreld is daar ’n pastageur te vind. Kom proe en reis saam

WORCESTERSOUS MET ’N BYT . . .Vliksem(Straal)! • As jy op Worcester woon, maak worcestersous! Dis presies wat Johanna Hall gedoen het toe sy die tweede keer haar werk in die tekstielbedryf weens personeelvermindering verloor

Tuiskokke! RAAK SLIMMER MET SARIE • Jy het al sy resepte in SARIE en SARIE KOS bewonder en hom op TV gesien, nou kry jy die kans om deur hom touwys gemaak te word. Skryf in vir SLIMMER MET SARIE se aanlyn kookkursus deur Herman Lensing!

SOET SOOS BROOD • Bederf jouself en jou gaste...

SARIE KOS