Huisgenoot Reis na die Ruimte

magazine Huisgenoot Reis na die Ruimte · Huisgenoot Reis na die Ruimte

cover image of Huisgenoot Reis na die Ruimte

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Hou vas, want Reis Na Die Ruimte gaan jou op ’n ongelooflike vlug neem van die begin van ruimtereise tot waar ons vandag is! Verkyk jou aan pragtige infografika van vuurpyle, ’n pendeltuig en die karretjies op die maan en Mars, lees oor die vreemde lewe op die Internasionale Ruimtestasie, kyk hoe ruimtepakke werk en verwonder jou aan die plan om binnekort op Mars te gaan bly. Ons vertel ook meer oor toekomstige vakansies in die ruimte en hoe jy self ’n ruimtevaarder kan word! Kry jou eksemplaar van Reis Na Die Ruimte vandag nog teen R45.

Editor

MERKE,GEREED, RUIMTETOE! • Was dit nie vir ’n hewige stryd jare gelede tussen Amerika en Rusland nie, was ruimtereise nooit so alledaags soos vandag nie

’N TYDLYN VAN RUIMTEVERKENNING • Hier is van die belangrikste gebeure in die mensdom se reis na die ruimte – van die pioniers tot die prestasies van lande soos Amerika en Rusland wat sedert 1955 met mekaar meegeding het om die ruimte te oorheers. Hulle het reuse treë gegee in die verkenning van die heelal. Ons bekyk ook ambisieuse toekomsplanne.

BELEEF DIT SELF • Met die 3D-app en spesiale ikoon-lesers in dié tydskrif kan jy talle ruimte-ervarings meemaak asof jy self daar is! Laai die apps gratis op jou slimfoon af

3,2,1 ... LAAT WAAI! • Ons keuse van die koelste vuurpyle wat nog ooit mense en vrag die ruimte ingedra het

SOOS ’N PYL UIT ’N BOOG • So word ’n ruimtetuig deur ’n vuurpyl die lug in geskiet

MET DIE MAAN GEPLA

ARME KLEIN LAIKA • Ontmoet die eerste lewende wese wat om die Aarde gewentel het

EERSTE RUIMTEMAN • Joeri Gagarin was die eerste mens in die ruimte

DIE MERCURY-SPAN • Amerika se ruimteprogram het sy ruimtevaarders oornag in sterre verander

DAPPER STAPPERS • Uiteindelik kon mense na die ruimte vlieg – nou was dit tyd vir die eerste treë

WERKESEL VAN DIE RUIMTE • Die Sojoes-kapsule neem mense al 49 jaar lank die ruimte in

HALLO, MAAN!

TRIOMF VIR DIE MENSDOM • Die Apollo-program het met ’n tragedie begin, maar uiteindelik kon die hele planeet die eerste tree op die maan vier

DIE MAANMASJIEN • Ontmoet die beroemde Apollo-ruimtetuig en sy super-vuurpyl, die Saturn V

KOM ONS RY ’N ENTJIE • Met die maankarretjies kon ruimtevaarders groter dele van die landskap verken

WAT ’N PAK! • ’n Ruimtepak is soos ’n ruimtetuigie vir een mens – daar’s drinkwater, lugversorging, suurstof en selfs ’n ingeboude toilet!

TEEN DIE NIET GEPANTSER • Kyk hoe werk die EMU, Nasa se ontwerpersdrag vir ruimtewandelings

LEWE IN DIE RUIMTE

KONING VAN DIE VLIEGTUIE • Pendeltuie het 30 jaar lank die ruimte oorheers

WIL JY ’N RUIMTEMAN WORD? • Byna 600 mense is deur die jare as ruimtevaarders opgelei – hier is wat jy moet weet as jy ’n lid van hierdie uitsoekgroep wil word

TUIS IN ’N VERRE HUIS

DRYF-DRYF DEUR DIE DAG • Stap saam met ons deur die Internasionale Ruimtestasie en kyk hoe die bemanning daar woon en werk

ONS LIGGAAM IN DIE RUIMTE

’N GROOT GEMORS • Die ruimte is vol gevaarlike rommel – en ons het nog glad nie begin opruim nie

KATASTROFE! • Ruimtereise is gevaarlik en oor die jare was daar heelparty tragiese ongelukke. Hier is dié wat vir ewig in die geskiedenis uitgekerf is

OOK IN SA WORD GEWOEKER • Suid-Afrika is een van 70 lande wat sy eie ruimteagentskap het. Ons is ook by talle ruimtebedrywighede betrokke

’N OOG OP DIE STERRE • Dié reuse teleskoop in die Karoo sal uiteindelik geheimenisse van die ruimte onthul

VOORWAARTS MARS!

DIE ROOI PLANEET

WELKOM OP MARS • Dis lankal nie meer wetenskapsfiksie nie – om op Mars te woon en werk kan in die 2030’s ’n werklikheid word

NUUSKIERIGE KLEIN AGIE

DIE MAGTIGSTE VUURPYL OOIT • Nasa se...

Huisgenoot Reis na die Ruimte