Die Tuinier Tydskrif

magazine Nov 01 2020 · Die Tuinier Tydskrif

cover image of Die Tuinier Tydskrif

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

WELKOM

Vir nou en vir altyd… • Nuwe rose word elke jaar vrygestel, maar daar is ʼn paar ou gunstelinge wat nooit teleurstel nie. As jy die roosafdeling van jou gunstelingkwekery besoek, sal jy hulle aan die blom kry en self kan sien waarom hulle onder die geliefkoosde ikone van die rooswereld tel.

Vernuftige Tuinmaak • Was jy al ooit so beindruk met iets slims dat jy gewonder het waarom nog niemand tevore al daaraan gedink het nie? Dit geld ook vir tuinmaakgereedskap en dekor. Die versameling tuinmaakgoed wat ons hierdie maand byeengebring het, is alles voorbeelde van vernuftige tuinmaak, nuttig en innoverend.

Restourasie van ʼn Grande Deme • Hierdie elegante tuin is liefdevol gerestoureer om die manjifieke huis af te rond.

Inheemse blomme Vir buksietuine • Is dit moontlik om ʼn inheemse palet in sy geheel in ʼn baie klein tuintjie te gebruik om deel te voel van die “trots Suid-Afrikaanse” menigte?

Bekoorlike fuchsias • Fuchsias word dikwels die ballerinas van die blommewereld genoem. Verruklike varieteite met ʼn massa delikate blomme sal jou patio, balkon en skadutuin in ʼn konsert van somerkleur verander.

TUIN VIR Troeteldiere • Plant ʼn medisinale troeteldiertuin vir jou wolkinders

Ficus sur • Manjifieke besemtrosvy vir groot tuine

Bedek dit • Daar is ʼn stylvolle dekpot om by jou smaak en behoeftes te pas.

Klein soetetjies kweek babagroente

Plant jou PATIO vol KRUIE

Fyn dierama

Werk mooi met hulle

Die 24 uur-blom

HOE OM ranktamaties op te lei en te snoei

KRUISEMENT-JULEP

TUINTAKE

Saaigids

Kweek meer AARBEIE • Jou aarbeilappie behoort nou welig te groei en te dra, maar nog iets wat aarbeie lief is om te maak, is lopers. Hierdie lopers is stingels op die grond wat perfekte klone van die moederplant voortbring en wat in potte aangekweek of as geskenk weggegee kan word.

GROOT TJIENKERIENTJEE • As jy van ʼn wit of “maanlig”-tuin asook van blommerangskik hou, sal dit lonend wees om ʼn paar Ornithogalum-bolle in die hande te kry. Wees meer bepaald op die uitkyk na Ornithogalum saundersiae (reusetjienkerientjee), wat ons almal liefderik “tjienks” noem.

MAL KLEUR

Hangpothouer in 30 minute

Stut delphiniums en laat hulle weer blom

Sluit by ons aan vir ʼn virtuele toer van Izolda se Orgideehuis

Moedige Gasteria

Voed die vetsakke

’n Oorvloed van mielies • Mielies is ʼn uiters maklike groente om ʼn rukkie te hou.

Gehard en helder

Ficus ‘Starlight’

Die spinnekop kom…

Red Midinette

Oppas vir grasperkvyande • Warmer weer is ʼn uitnodiging vir onkruid, swamme en insekte om jou grasperk aan te val. Hoewel ʼn goed gevoede en gereeld besproeide grasperk wat in gesonde grond geanker is, in ʼn groot mate teen die soort aanvalle weerbaar is, is die hand van die tuinier en goeie produkte soms nodig.

November doenlys

Die Tuinier Tydskrif

Maankalender

Potte, hoeke en plante • Timmer ʼn muurplanthouer met interessante hoeke om jou gepotte vetplante spoggerig uit te stal.

Platsak, maar piekfyn…

Die Tuinier Tydskrif