Landbou Vee

magazine 2017 · Landbou Vee

cover image of Landbou Vee

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Veeboere is vol hoop vir ’n beter somer ná die erge droogte van 2015-’16. In Landbou Vee 2016 gee kenners raad oor hoe boere hul kuddes weer kan opbou en hoe om weiveld te laat herstel. Kyk uit vir artikels oor boere wat uitgeblink het, die jongste tegnologie vir die veebedryf, ’n hele paar handige boereplanne en watter neigings die toekoms van die rooivleisbedrywe kan bepaal.

VEEGROETE • OM SIRKELS TE TREK

Medewerkers

SYFERS

Bonsmaras haal eerste plek met genomika

Nuwe rigting vir SA rooivleis • Vroeër vanjaar het van die vernaamste belanghebbendes in die rooivleisbedryf byeengekom om ‘n nuwe rigting vir die Suid-Afrikaanse bedryf te bespreek. Hulle is dit eens: Uitvoer gaan die toekoms bepaal en gehalte bly ononderhandelbaar.

Karoobossies sorg vir premieprodukte • Die moontlikheid om ’n buurplaas se indringerpeule tot ’n organiese ‘superkos’ te verwerk, het die Esterhuizens van Britstown se skaapboerdery op die pad van organiese sertifisering gesit.

ORGANIES? HALAAL? NET AS DIE STAAT SO SÊ

Nuwe hulpmiddels vir die veeboer • Die afgelope jaar is heelwat nuwe toerusting vir veehantering en voer- en watervoorsiening op landbouskoue bekend gestel. Hier is ’n paar daarvan, asook ’n paar van die nuwe produkte waaroor Landbouweekblad in sy Nuwighede-rubriek berig het. Pryse sluit BTW in.

Dok Faffa en span antwoord kwelvrae • Die rubriek Vra vir Faffa op Landbou.com en in Landbouweekblad, waarin die veearts dr. Faffa Malan en ander kenners veeboere se vrae beantwoord, is immergewild. Hier is van die vrae en antwoorde wat die meeste gelees is.

Benut kundigheid vir snelste genetiese vordering • Mnr. Heinrich Bruwer van Vryburg, Voermol se Beesboer van die Jaar vir 2016, is ’n ou kop op ’n jong lyf. Hy maak vinnig naam as beesboer, internasionale beoordelaar én leierboer. Hy benut veral alle beskikbare tegnologie om so vinnig moontlik genetiese vordering met sy beeste te maak.

Die rand en sent van seleksie • Danksy streng wetenskaplike boerderymetodes, doelgerigte seleksie en die akkuraatste veldbestuur denkbaar, weet mnr. Johan Styger, Suider-Afrika se Stoetteler van die Jaar vir 2016, presies waarheen hy op pad is: Die uitvoervleismark.

Spanwerk, aanpasbaarheid troef enige hekkie • Jy sal die vierdegeslag-Merinoboer mnr. Julian Southey, Voermol se Skaapboer van die Jaar vir 2016, nooit onkant betrap nie. Toe slenkdalkoors in 2010 sowat 80% van sy herfslammers uitgewis het, het hy onder meer sy immunisasieprogramme verbeter en ‘n versnelde lamtyd ingestel.

Dié varkboer bou sy eie sukses • Binne minder as ’n dekade het ’n deeltydse agterplaasboer wat varke met oorskiethotelkos gevoer het, homself gevestig as een van die grootste kommersiële varkboere in Suid-Afrika.

Bloktoets wys boere kan meer wins maak • ’n Uitslagpersentasie van byna 62 vir ’n klas C-koei? ’n Beesboer het met ’n bloktoets op ’n Chianinakoei, die grootste beesras ter wêreld, gewys dit is moontlik. Dié beeste hou groot voordele vir kruisteling in.

KRUISTELING SE VOORDELE

Tien wenke vir herstel van veeboerdery • Veeboerderye se winsgewendheid en volhoubaarheid is kwaai onder druk. Gelukkig het die leierboer mnr. Mecki Schneider vir ekstensiewe bees- én skaapboere raad.

VOORUITGANG DANKSY WETENSKAP

Intensiewe stelsels verg skaalekonomie • Vanweë die behoefte aan vertikale uitbreiding op skaapplase raak die belangstelling in intensiewe boerdery ál groter. Versnelde lamtye is egter teen die natuur en verg uitstekende bestuur. ’n Kenner vergelyk ’n intensiewe en ekstensiewe stelsel.

Herlewing die enigste uitweg • Die afgelope droogte dwing veeboere terug na die tekenbord. Bewaringslandboubeginsels alleen is nie genoeg vir nóg so ’n droogte nie. Kyk nou na herlewingslandboubeginsels wat die grond sal herstel én meer wins...

Landbou Vee